24 Maart 2023 was die 23ste herdenking van die dood van BLES BRIDGES in ‘n motor ongeluk. ESC Covers het besluit om vir 23 dae elke dag een van sy videos te plaas.
Die agste liedjie is LOVE AND ROSES. Omdat Bles graag rose tydens sy optredes uitgegee het het hy heelwat liedjies opgeneem met ROSE in die titel. Hierdie een is eerste deur Freddy Breck van Duitsland opgeneem, eers in Duits en toe in Engels.