24 Maart 2023 was die 23ste herdenking van die dood van BLES BRIDGES in ‘n motor ongeluk. ESC Covers het besluit om vir 23 dae elke dag een van sy videos te plaas.
Die tweede lied is DAAR IS VREDE IN MY. Die liedjie is ‘n Afrikaanse weergawe van die bekende Guardian angel (Engels) of Jenzeits von Eden (Duits). Drafi Deutscher het die lied geskryf. Nino de Angelo wat vir Duitsland aan die 1989 Eurovision deelgeneem het met ‘n ander lied het die grootste treffer gehad.